• Fokus en Helderheid in die oomblik
    Jul 2 2024
    Ons is bevoorreg om in hierdie tye te weet dat, as ons gedagtes gefokus is, ons beter werk en presteer. Die wete dat elkeen van ons ‘n doel het in die lewe, geld as inspirasie om daagliks die beste na te streef.

    Hierdie meditasie is uiters eenvoudig, maar leer dit aan en doen dit gereeld wanneer jy voel jou aandag dwaal, terwyl jy studeer of werk. Afrikaans.Radio · siel
    Show More Show Less
    3 mins
  • Sukses
    Jul 2 2024
    Die meeste mense werk en woeker in die lewe. Nie om dowe neute nie, maar om iets te bereik. Meestal sukses. En die redes daarvoor is legio, maar hoofsaaklik wil mens ‘n verskil maak.

    Tydens hierdie meditasie kan jy jou talente, sterkpunte en vaardighede herontdek, want dit alles is alreeds diep binne jou. Afrikaans.Radio · siel
    Show More Show Less
    12 mins
  • Oorvloed
    Jul 2 2024
    Wat is oorvloed? DIT IS WANNEER JY GENOEG HET. Absoluut geen gebrek. Genoeg om te kan uitdeel sonder om te dink dit sal opraak.

    Oorvloed kan baie vorme aanneem, byvoorbeeld in lewensmiddele soos geld of goed, kos in jou koskas, maar ook deur ‘n verrykte gees, waarmee jy liefde, geduld of die lig binne jou, kan uitdeel. Dink aan momente waarin jy sê “My hart loop oor”…

    Kom ons mediteer nou, om oorvloed, abundance lewendig te maak in ons lewens. Afrikaans.Radio · siel
    Show More Show Less
    19 mins
  • Selfliefde
    Jul 2 2024
    Selfliefde word dikwels verwar met ‘n ongesonde liefde vir jouself, soos selfsug, hebsug, ydelheid, verwaandheid, egotisme of narcissime. Gesonde selfliefde is baie nodig vir ons bestaan, voortbestaan, gesonde konflikhantering, ens. Dis ‘n basiese menslike noodsaaklikheid om na jouself om te sien, jouself te respekteer, jou naaste lief te he soos jouself, soos ons in die Bybel lees.

    Gesonde selfliefde kring uit en wanneer jy dit leef, beoefen, is jy ‘n inspirasie vir almal om jou.

    Voordat ons hieroor mediteer, fokus op die sewe gedagtes hoe om in jou daaglikse handel en wandel by selfliefde uit te kom:

    1. Wees bewus van jou unieke menswees
    2. Vermy negatiewe self-talk, negatiewe gedagtes jeens jouself
    3. Wees sag met jouself
    4. Focus om te groei as person
    5. Se nee en stel grense
    6. Beoefen daagliks selfsorg
    7. Vier jou prestasies Afrikaans.Radio · siel
    Show More Show Less
    11 mins
  • Om te laat gaan
    Jul 2 2024
    Leegmaak. Ons kry seer, omdat ons diep binne onsself weet wie ons is maar dit verloen.

    Rumi het geleef in die 13de eeu en hy het gese:
    You wander from room to room hunting for the diamond necklace that is already around your neck.

    Daar is geen maklike manier om te laat gaan nie. As dit was, het ons almal dit meer en makliker gedoen. Die groot issue is, dat daar soms oor ‘n miljoen dinge is wat mens wil laat gaan. Om nie van al die redes te praat nie. Dis hoekom ons met vakansie gaan: dis daardie behoefte om weg te breek.

    Hierdie kort meditasie gaan jou help om te laat gaan, te release. Jy kan dit daagliks doen, en elke keer ‘n ander kwessie/issue identifiseer wat jy wil laat gaan. Wanneer ons fokus op die verlede en wie ons was en verkeerde keuses uit die verlede, verloor ons tred met ons outentieke self in die huidige moment. Die proses van laat gaan, help jou om die verlede te los waar dit hoort en voluit deel te wees van genesing. Afrikaans.Radio · siel
    Show More Show Less
    5 mins
  • Paas-Sondag 2024
    Mar 31 2024
    JOU EIE PAASNAWEEK-RETREAT

    Vier saam met Afrikaans.Radio en Siel ‘n naweek wat jou weer lewendig laat voel, waarin ons vrede en gelykmatigheid nastreef in meditasies en vooraf-inleidings. Of jy nou al lankal mediteer of hierdie naweek vir die eerste keer probeer, welkom! Ons nooi jou om die huidige oomblik te vier en die kalmte binne jou te ontdek.

    Om meer sin te gee aan jou meditasies, is dit slim om ‘n meditasiejoernaal aan te skaf. Hou dit by jou, saam met ‘n pen of ‘n stel inkleurpotlode en mymer met jou aantekeninge, prentjies, lyne in kleur, vorms of net enkele woorde oor jou ervaring gedurende die meditasiesessie. Afrikaans.Radio · siel
    Show More Show Less
    22 mins
  • Paas-Saterdag 2024
    Mar 30 2024

    14 mins
  • Paas-Vrydag 2024
    Mar 29 2024

    36 mins