KLETS cover art

KLETS

KLETS

By: Afrikaans.Radio
Listen for free

About this listen

Van politiek tot polimiek, en van nuwe perspektiewe tot aweregse menings – Colene en Matthys laat niks ongesê nie. Saam met kundiges en ander lekker en interesante mense pak hulle die onderwerpe aan wat ons wêreld vorm. Elke Woensdag iets nuuts. Kom KLETS Saam! Word deel van die gesprekke wat jou laat dink en dalk selfs jou wêreldbeskouing veranderAfrikaans.Radio Politics & Government Social Sciences
Episodes
  • Hoe stel jy ’n geldige testament op? Petra Labuschagne van PGL Trustees verduidelik
    Oct 8 2025
    In hierdie week se KLETS raak ons bietjie meer ernstig, maar moenie worry nie, dis steeds met n bietjie lag, lewenslesse en ’n paar nuwe woorde wat selfs Matthys en Colene moes Google.

    Ons KLETS met Petra Labuschagne van PGL Trustees oor iets wat almal weet hulle móét doen, maar aanhou uitstel - jou testament.

    Petra bring haar regskennis én empatie na die tafel en verduidelik hoekom jou testament nie net vir rykes of oumense is nie, dis vir almal wat iets of iemand liefhet. Sy vat ons deur die regte en verpligtinge wat saam met testamentêre dokumente kom, hoe jy jou wense duidelik neerskryf, en hoekom ’n testamentêre trust so belangrik is – veral as jy minderjarige kinders het of digitale bates besit wat nie sommer net “verdwyn” as jy nie meer daar is nie.

    Petra verduidelik die invloed van huwelike en regimes, die waarde van 'n lewende testament, en selfs hoekom dit slim is om jou begrafniswense neer te pen - want dis die een geleentheid waar jy beslis nie self gaan opdaag nie.

    Petra deel ook haar ervaring met internasionale boedels en die realiteite van moderne lewe, waar e-posse, kripto en wolkrekeninge nou deel van jou nalatenskap is.

    Van die wetlike fynskrif tot die lewensgroot vrae, hierdie episode help jou om oor moeilike dinge te praat sonder om moedeloos te raak met die nodige deernis, insig en ’n tikkie humor.

    Want as jy nie jou storie self neerskryf nie, gaan iemand anders dit vir jou doen en hulle spel dalk jou naam verkeerd.

    Kontak Petra Labuschagne by:
    - https://pgltrustees.co.za/
    - petra@pgltrustees.co.za
    - 012 342 1240 PGL Trustees · Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    Show More Show Less
    55 mins
  • Van broederskap tot Psigopate: Jimny’s, politiek en Jacaranda hoop
    Oct 1 2025
    In hierdie week se KLETS haal ons asem tussen die chaos deur. Dis Oktober – die maand van jacarandas wat soos pers konfetti oor Pretoria se strate val. ’n Tyd om mooi te sien, selfs al voel dit soms of die res van die land in ’n donker sitcom vasval.

    Colene vertel van haar nuwe liefde – die Jimny – en hoe sy agterkom dat Jimny-bestuurders eintlik ’n geheime broederskap vorm. As jy ’n Jimny ry, is jy familie. As jy nie een het nie, wel… jammer vir jou.

    Maar ons parkeer nie net in die lig nie. Ons gesels oor die noodsaaklikheid van ontkoppeling van tegnologie, die eindelose jaag na geluk wat mense uitput, en natuurlik die harde realiteite wat Suid-Afrika steeds jaag: korrupsie, ’n disfunksionele Gauteng gesondheidsorgstelsel wat die inwoners van Tembisa in die steek gelaat het, en ’n polisie wat te veel keer jou eerder laat sug as veilig laat voel.

    Ons kyk ook na die rol van die ANC en DA in ’n politieke landskap wat al hoe meer soos ’n draaiboek vol clichés lees. Waar is die die burgers van Suid-Afrika se regte in hierdie stories? Waar is die menslike element in politiek, dié wat gemeenskappe regtig dien en nie net 'n magspel speel nie?

    En toe besluit Colene en Matthys om self te toets wie van hulle die grootste psigopaat is. Want kom ons wees eerlik: dis mos die soort CV wat jou regtig ver in die regering kan vat.

    Maar die episode eindig waar dit begin: met die erkenning dat ons moet aanhou kyk na die jacarandas, dat ons moet aanhou die mooi raaksien, selfs wanneer die lelike so oorweldigend voel. Dit is nie om die werklikheid te ontken nie, maar om jou menslikheid te behou. Want as ons net fokus op alles wat stukkend is, vergeet ons dat daar steeds dinge is wat die moeite werd is om vir te veg.

    Suid-Afrika in Oktober 2025 is 'n land van kontraste: ongelooflike skoonheid en onvoorstelbare korrupsie, oomblikke van menslike goedheid en sistemiese verraad, jacaranda-blomme en gekaapte instellings.

    Colene en Matthys nooi jou uit om saam met hulle te KLETS, om albei werklikhede te erken, en om te vra: hoe leef ons met integriteit in 'n land waar korrupsie so diep gewortel is? En belangriker: hoe behou ons hoop? Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    Show More Show Less
    58 mins
  • Erfenisdag KLETS: Jacques du Plessis oor identiteit en Afrikaans
    Sep 24 2025
    As jy dit lees en jy’s nog nie weggeraap nie, sorry né, maar ten minste is dit Braaidag in die Suide van Afrika. En wat beter manier om jou erfenis te vier op Erfenisdag as met ’n gesprek oor taal, identiteit en die vreemde reis van Afrikaans self?

    In hierdie episode KLETS ons saam met Prof Jacques du Plessis, Medeprofessor in Inligtingskunde aan die Universiteit van Wisconsin-Milwaukee, waar hy Afrikaans in die Midwest van die VSA doseer.

    Jacques deel sy pad van Suid-Afrika tot in die VSA, hoe dit is om Afrikaans vir Amerikaners te leer, en die verrassende emosionele verbintenisse wat mense in Amerika (en elders) met Afrikaans vorm. Van die stereotipes en persepsies, tot die rykdom en diversiteit van ons taal. Hierdie gesprek wys hoekom Afrikaans baie meer is as net “’n taal van die verlede of onderdrukking.”

    Ons gesels oor die diaspora van Afrikaanssprekendes, die rol van identiteit en kultuur, en hoekom nuwe woorde en kreatiewe taalgebruik ’n teken van lewe is en nie van verval nie. Jacques se projek, afrikaans.us, bied reeds ’n internasionale spilpunt vir leerders, liefhebbers en expats wat nie hul taal wil verloor nie.

    Wat jy in die KLETS kry, is nie net akademiese praatjies nie. Dis passie. Dis liefde. Dis ’n herinnering dat Afrikaans ’n wêreldtaal in wording is, vol stories, vol mense, vol moontlikhede.

    So ja, terwyl jy vanaand ’n tjoppie draai, onthou: Afrikaans leef – nie net in Pretoria of Paternoster nie, maar selfs in Milwaukee. www.afrikaans.us · www.jacquesduplessis.com · Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    Show More Show Less
    1 hr and 39 mins
No reviews yet
In the spirit of reconciliation, Audible acknowledges the Traditional Custodians of country throughout Australia and their connections to land, sea and community. We pay our respect to their elders past and present and extend that respect to all Aboriginal and Torres Strait Islander peoples today.