• Mevrou Mevrou S02E13
    Dec 10 2024
    Mevrou Mevrou S02E13 Podcast page on Jacaranda FM's website
    Show More Show Less
    26 mins
  • Mevrou oefen om Kersfees fiks te word
    Dec 3 2024
    Mevrou vang die Kersfees gees, maar dis nie ’n maklike oefen om Kersfees fiks te word nie. Dit begin by die gesukkel om die Kersboom te laat staan en dan die stryery om die versiersels perfek te kry. Wat kom eerste – die liggies of die balletjies? Gerda de Sousa en Dianne Broodryk is dié Fees seisoen by die huis en die prioriteit is om die Kersfees gees perfek in elke kamer te hang … Podcast page on Jacaranda FM's website
    Show More Show Less
    20 mins
  • Mevrou is nie 'n klip vir 'n winskopie nie
    Nov 26 2024
    Mevrou staan nie terug as daar ’n goeie uitverkoping is nie, en hierdie is die week vir winskopies! Van Kersfees persente tot huishoudelike skoonmaak middels, dis als op die lysies vir wanneer die winkels oopmaak vir Black Friday. Daar is egter een groot vrees vir Gerda de Sousa en Dianne Broodryk: daai pragtige paar skoene wat sy reeds gekoop het, is nou op die 50% afslag. Podcast page on Jacaranda FM's website
    Show More Show Less
    21 mins
  • Mevrou en die skommel vir die rommel trommel
    Nov 19 2024
    Mevrou is besig met planne om die huis skoon te kry vir die nuwe jaar, en deel hiervan is om ontslae te raak van als wat nie meer gebruik word nie. Die reuse vullis drom is bestel om vir drie dae in die oprit te staan sodat al die opgaar goed weg gegooi kan word. Dis egter makliker gesê as gedaan want in dié Mevrouens se huise is dit maar moeilik om enige iets weg te gooi, maak nie saak hoe stukkend of lang vergete dit is nie. Gerda de Sousa en Dianne Broodryk is egter vas beslote dat daar dié jaar geen genade gaan wees nie – die rommel trommel seisoen is hier ….. Podcast page on Jacaranda FM's website
    Show More Show Less
    21 mins
  • Mevrou smeer haar verjaarsdag met kaster olie
    Nov 12 2024
    Dis Mevrou se verjaarsdag en tyd vir grootmens persente! Soos wat sy plek soek vir al die kersies op die verjaarsdag tert, besef Mevrou sy het nou die ouderdom bereik waar dit nie meer saak maak of sy partytjie hou of nie. En ja, twee Mevrouens is ’n partytjie. Dianne Broodryk vier haar verjaarsdag en Gerda de Sousa reken dié jaar se persent is die mees volwasse een wat sy nog gekoop het. Dis nie badgoed nie en ook nie handeroom nie, maar natuurlik sluit dit die nuwe gier van ’n bottel kaster olie in ….. Podcast page on Jacaranda FM's website
    Show More Show Less
    21 mins
  • Mevrou probeer die November vloermoere oorleef
    Nov 5 2024
    Dis met ’n skok wat Mevrou besef mense se geduld en hulle vlakke van verdraagsaamheid lê laag in November. Miskien is dit ’n einde-van-die-jaar probleem, of dalk was die jaar maar net lank. In die parkeer areas en in die winkels sien Mevrou net moeilike mense. Maar dan onthou Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle is nie heeltemal onskuldig nie. Almal het mos maar hulle limiet en hulle was self al deel van 'n vloermoer of twee …… Podcast page on Jacaranda FM's website
    Show More Show Less
    22 mins
  • Mevrou kry die appel onder die stamboom
    Oct 29 2024
    Mevrou is besig om te soek na die appel in die lang gras onder die ou familie boom. Daar is niks lekkerder as om te gaan kyk hoe die voorgeslagte gelyk het nie – daai ou swart-en-wit fotos wat jou meer leer oor waar jy vandaan kom. Maar daarmee saam vloed die herinneringe terug en voor hulle dit kon keer, ook die trane. Die nostalgie laat Gerda de Sousa en Dianne Broodryk sommer huil en lag op dieselfde tyd ……. Podcast page on Jacaranda FM's website
    Show More Show Less
    15 mins
  • Mevrou wonder oor die doeke braai
    Oct 22 2024
    Mevrou se dagboek is ewe skielik vol kombuis tee partytjies, troues, ooievaar tees en nou – vir die eerste ooit – ook ’n doeke braai! ’n Wat? Die nuwe neigings van die jong mense se partytjie reëls en regulasies het Gerda de Sousa en Dianne Broodryk aan die wonder oor wat mens mag gee as persente. Om nie te praat van al die uitrustings wat jy reg moet hou vir al die verskillende vierings nie …… en dis voor die baba nog gebore word….. Podcast page on Jacaranda FM's website
    Show More Show Less
    21 mins