BEE, bromance en ’n tannie vir burgemeester cover art

BEE, bromance en ’n tannie vir burgemeester

BEE, bromance en ’n tannie vir burgemeester

Listen for free

View show details

About this listen

Vandag be-klets Colene en Matthys weer alles wat die afgelope week in Suid-Afrika gebeur het – van politieke transaksies tot sporttriomf en ekonomiese verlies.

Helen Zille het die politieke pot behoorlik geroer met die nuus dat sy dalk vir die DA se burgemeesterposisie in Johannesburg sal staan. Is dit ’n poging tot redding van ’n sinkende stad, of net nog ’n skuif op die blou skaakbord? Maar as ons kyk na wat Helen in Kaapstad reggekry het, het Johannesburg dalk regtig ’n “tannie” nodig om dinge daar reg te ruk.

President Cyril Ramaphosa verdedig steeds Swart Ekonomiese Bemagtiging (BEE) as ’n historiese noodsaaklikhied, ondanks die feit dat nóg ’n internasionale maatskappy hul deure in Suid-Afrika gaan sluit. Beleggers verloor en Suid-Afrikaners vertroue, maar Cupcake hou koers – maar weet ten minste hoe om ’n skoenveter vas te maak. En as jy nie weet waar sy bynaam Cupcake vandaan kom nie, moet jy hierdie episode luister…

Intussen brand Paul Mashatile ons belastinggeld in luukse Londense hotelle, terwyl Gayton McKenzie – altyd reg vir ’n stukkie kommentaar – besigheidsklas vlugte verdedig en sê dis “sadisties” om te verwag dat ministers in cattle class moet reis – want hulle werk mos hard vir ons en die land.

Tussen al die drama het Suid-Afrika darem iets gehad om op trots te wees. Die afgelope naweek was dit die Comrades Marathon 2025 en Gerda Steyn het haar vierde goue medalje gewen en Tete Dijana sy derde.

Ons vier Jeugdag Maandag, en met die jaar se tema van “meaningful economic participation” voel die viering maar hol. Suid-Afrika het loshande die goud verower in The Spectator se peiling oor jeugwerkloosheid met ’n skokkende 62,4% van jong mense sonder werk.

En dan is daar Elon Musk en Donald Trump – wat op sosiale media uitmekaar val. Het die bromance verbrokkel, of is dit net ’n ketamine-gevulde aandag-afleidingsmanoeuvre vir iets wat agter die skerms broei?

En dan, jou Afrikaanse woord van die week – jy weet jy gaan dit gebruik (of dalk sien) voordat die dag verby is. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube

What listeners say about BEE, bromance en ’n tannie vir burgemeester

Average Customer Ratings

Reviews - Please select the tabs below to change the source of reviews.

In the spirit of reconciliation, Audible acknowledges the Traditional Custodians of country throughout Australia and their connections to land, sea and community. We pay our respect to their elders past and present and extend that respect to all Aboriginal and Torres Strait Islander peoples today.