• Agriskoops - 5 Maart 2026
    Mar 5 2026
    Op vandag se Agriskoops gesels ons met Juandre Erasmus. Hy is die besigheids-ontwikkelingsbestuuder by die maatskappy Candi Solar. He gesels met ons oor verskillende sonkrag finansierings opsies vir boere. Hoe hulle boere help in terme van seisoenale kontant vloei en hul bestaande stelsels.
    Show More Show Less
    6 mins
  • Ecoskoops - 5 Maart 2026
    Mar 5 2026
    In hierdie episode van Ecoskoops gesels ons verder oor water. Ons gaan voort met ons gesprek met Gerhard Cronje, uitvoerende hoof van Maskam Water, oor hoe hul baanbrekende afvalwaterbehandelingstelsels besoedeling skerp kan verminder en volhoubare alternatiewe wateropsies vir huishoudings, plase en hele gemeenskappe kan bied. Van gedesentraliseerde behandeling tot die weer gebruik van water op die perseel, ons kyk na hoe slim ingenieurswese afvalwater van 'n las in 'n waardevolle hulpbron kan omskep.
    Show More Show Less
    5 mins
  • Agriskoops - 4 Maart 2026
    Mar 4 2026
    Op vandag se Agriskoops gesels ons met At van Schalkwyk. Hy is die bemarkingsdirekteur by die maatskappy World Focus Agri. Hy vertel ons meer oor die maatskappy en waarop hulle fokus. Ons vind ook meer uit oor plant energie bestuur.
    Show More Show Less
    5 mins
  • Agriskoops - 3 Maart 2026
    Mar 3 2026
    Op vandag se Agriskoops gesels ons met Albertus Burger. Hy is betrokke die Suid-Afrikaanse Besproeiingsinstituut (SABI). Hy deel met ons belangrike statistieke en feite oor water en hoekom dit belangrik is dat ons dit bewaar.
    Show More Show Less
    5 mins
  • Agriskoops - 2 Maart 2026
    Mar 2 2026
    Op vandag se Agriskoops hoor ons van Nantes Kelder. Hy is die projek-koördineerder interkulturele samewerking en verhoudings by AfriForum. Die opkomende boerdery van die Bahurutshe Ba Ga Moiloa-stigting in die Mafikeng-distrik het onlangs hul tweede oes van verskeie soorte groente gehad. AfriForum het verlede jaar die stigting bygestaan met belangrike toerusting om die boerdery se produktiwiteit, volhoubaarheid en winsgewendheid te verbeter. Nantes vertel hoekom hierdie projek veral suksesvol is.
    Show More Show Less
    4 mins
  • Agriskoops - 27 Februarie 2026
    Feb 27 2026
    Op vandag se Agriskoops gesels ons met Michael Meyer. Hy is die bemarkingsbestuurder by KM Hydraulic Solutions. Hy verduidelik hoe boere begin oorskakel na ʼn hidroulies aangedrewe pomp in die plek van tradisionele toerusting in terme van plaasveiligheid en brandbestryding.
    Show More Show Less
    5 mins
  • Agriskoops - 26 Februarie 2026
    Feb 26 2026
    Op vandag se Agriskoops gesels ons met Emile van den Berg. Hy is die Nasionale Agronomiebestuurder van Pioneer Seeds in Suid-Afrika. Hy gesels oor innovasie by die maatskappy en hoe dit ʼn toekoms kan verseker vir toekomstige geslagte, in terme van boerdery en voedselsekerheid.
    Show More Show Less
    4 mins
  • Agriskoops - 25 Februarie 2026
    Feb 25 2026
    Op vandag se Agriskoops luister ons na die uitvoerende hoof van TLU SA, Bennie van Zyl. Hy gesels oor die komplekse verhouding tussen die boer en die natuur, en deel hoekom hy soveel respek vir ons land se boere het.
    Show More Show Less
    4 mins